Energieke gaste wat hulself kan wegskeur van die gastehuis en swembad, kan in die Bergkamp gaan stap.

Bontebokke, sebras en elande is van die wild wat gesien kan word op die twee voetslaanpaaie van 5km en 12km onderskeidelik. Muisvoëls, ‘n verskeidenheid suikerbekkies en tarentale is volop.

Oestyd duur lank op dié werkende plaas, en gaste kan al die bedrywighede van nader beskou en sien hoe proteas, druiwe, olywe en perskes by die mark uitkom.

Die Breedekloof bied ‘n volmaakte kombinasie van wynkultuur en buitemuurse avontuur. Daar is 27 wynplase waarheen daguitstappies onderneem kan word en verskeie restaurante om van te kies. Vir die meer aktiewes is daar bergfietsryroetes en gholf. Lees meer oor aktiwiteite in ons streek onder “Verken die Vallei”.

LAAI VOËLLYS AF  LAAI VOETSLAANPAAIE AF  VERKEN DIE VALLEI