Die restaurant spog met ’n hoë plafon, glasmure en ’n terras vir buitelugetes.

Masterchef beoordelaar Pete Goffe-Wood, saam met sjef Kim Cox, se spyskaart is ’n samestelling van onopgesmukte, geurige kos.

‘n Delft-geïnspireerde keramiek muur van 366 teëls, is deur  Lucie de Moyencourt en Michael Chandler geskep, en is vol simboliek. Dit heet die Bosjes Lewensboom en beeld die plaas se fauna en flora uit.

** Bosjes Kombuis is oop van Woensdag tot Sondag vir middagete. Bespreking noodsaaklik, 023 004 0496.