Bosjes, die plek waar oud en nuut ontmoet, skep ‘n eiesoortige ruimte vir troues, onthale of ander private funksies.

Die Kapel, met ‘n panoramiese uitsig oor die vallei, maak voorsiening vir 120 gaste.

Die oorspronklike Kaaps-Hollandse herehuis is in 1790 gebou, en is sedert 1831 in die Botha/Stofberg familie se besit. Die Voorkamer in die herehuis kan bespreek word vir klein dagkonferensies en vergaderings.