Die Kapel is geleë in stil en rustige tuine met kontrasterende plante: van droëwoestynbossies tot welige tropiese plante.

’n Waterfokuspunt lok die besoeker nader. ’n Verhewe labirint dra by tot ’n atmosfeer van nadenke en meditasie. Van bo ‘n klein koppie word stappers beloon met ‘n panoramiese uitsig oor die landskap en tuine.