Aan die voet van die Waaihoekberge, in die natuurskone Breëriviervallei, lê ’n ou familieplaas, Bosjes. Ryk aan geskiedenis, en omring deur wingerde, boorde en fynbos, met twee bergreekse wat aan weerskante uittroon, is dit die ideale wegbreekplek.

Bosjes is ’n werkende plaas en is onlangs ontwikkel tot ’n unieke bestemming vir gaste. Die Kapel, omring deur tuine, maak sigself die besoek aan Bosjes die moeite werd.

In die gesinsvriendelike Bosjes Kombuis en teetuin word geurige maaltye en tuisgebak bedien. ‘n Salige nagrus wag in die luukse gastehuis, terwyl die meer avontuurlustige gas die wandelpaaie in die Bergkamp kan verken.