AKTIWITEITE EN VERMAAK

Besoekers is welkom om vryelik op die plaas te beweeg en die natuurskoon te geniet.

Voetslaan

Die Bergkamp het twee staproetes deur fynbos  – onderskeidelik 5km en 12km lank – waar besoekers van naderby kennis kan maak met die natuurlewe op die plaas, waaronder sprinkbokke, bontebokke, volstruise, sebras en ‘n oorvloedige voëllewe.

Fietsry

Fietsry word nie in die Bergkamp toegelaat nie, maar oornagbesoekers is welkom om fietse saam te bring en op die jeepspore op die plaas te ry.

Meditasie

Die pragtige tuine bied verskeie geheime hoekies waar ‘n mens in stilte kan nadink. Bring ‘n boek saam om te lees, of sit net, haal diep asem, en geniet die natuur.

Speelplek

‘n Pragtige speelplek is spesiaal ontwerp om kinders besig te hou terwyl ouers binne sig middagete in Bosjes kombuis geniet.

Plaasbedrywighede

Bosjes is ‘n werkende plaas waar olywe, wyndruiwe, perskes en proteas gekweek word. Ons probeer ons bes om belangstellende besoekers in die week aan oestydbedrywighede bloot te stel. Dit is van groot opvoedkundige waarde vir kinders.

Binne maklike bereik van die plaas word die volgende aangebied:

4X4-roetes

Daar is ‘n roete in die Matroosbergreservaat. Bevestig asseblief openingstye voor vertrek. Die amptenaar aan diens kan geskakel word by: 073 194 0885 of e-pos: info@matroosberg.com

Kuns en kunsvlyt

Tulbagh (40km) is bekend vir sy plaaslike kuns en kunsvlyt. Digterby is ‘n tentoonstelling van plaaslike kuns by Slanghoek Wynkelder.

Die Fairhills kunsvlytwinkel verhandel nie alleen kommersiële produkte nie, maar het ook ‘n verskeidenheid met die hand gemaakte seep, kerse en loodglasprodukte. Die winkel bied ook lesse aan vir diegene wat in kunsvlyt belang stel. Die lesse word vir individue of groepe aangebied.

Ceres Zipline Adventure / Glykabel-avontuur

Dié glykabelmaatskappy (“foefie slide”) is sowat 30 minute van die plaas. Hoogte- en ouderdomsbeperkings geld. Selno: 079 245 0354 of 078 063 5134.

Tuisgemaakte/Kunsvlytbier (“craft beer”)

Daar is vier kunsvlytbrouerye in die omgewing vir die al hoe gewilder produk. Ons verskaf graag aanwysings daarheen, sou besoekers belang stel.

Fairy Glen

Geleë net buite Worcester. Fairy Glen bied Groot 5-toere aan. Bel 023 349 6743.

Hengel

Brandvleidam bied voortreflike hengelgeleentheid. Let asseblief daarop dat wit vis ‘n bedreigde spesie is wat hoegenaamd nie uit die dam verwyder mag word nie. Toegang en parkering is by die Worcester Seiljagklub. Bel 023 343 2877 of 072 515 0955.

Gholf

Ceres Gholfbaan is oorspronklik uitgelê deur plaaslike lede met niks meer as donkies om te help nie. Dit bied iets anders as die gewone gholflandgoed in die suide. Bel 023 312 3068.

Die voortreflike 18-putjiebaan by Worcester is ontwerp deur een van Suid-Afrika se gunstelinggholfspelers, Gary Player. Dit bied panoramiese uitsigte op die Breëriviervallei en die omringende Brandwachtberge. Bel 023 347 2542.

Hexpass Express

‘n Buitengewone treinry-ervaring vir jonk en oud – ‘n spoorwaentjierit op in die Hexrivierpas, met ‘n uitsig oor die Hexriviervallei en die majestueuse Matroosberg. Bel 083 292 0348 om te verneem oor beskikbaarheid.

Voetslaan en bergfietsry

Daar is verskeie voetslaan- en bergfietspaaie in die omgewing. Vrae enige van ons personeel vir meer inligting.

Karoo Botaniese Tuin

Die botaniese tuin is net buite Worcester, sowat 25 km van die plaas. Daar is ‘n ver-skeidenheid inheemse en Karoo-vetplante te sien.

Museums

Kleinplasie Museum in Worcester is ‘n opelugmuseum met daaglikse aktiwiteite soos kersmaak en tabakverwerking. Die fokus van hierdie kultuurhistoriese museum is landbou. Vir begeleide toere, bel asseblief +27 (0) 23 342 2225 /6.

Olywe

Olywe floreer in ons vallei. Ons moedig besoekers aan om een van die plaaslike landgoedere te besoek en hul produkte te proe. Vra ons personeel vir meer inligting.

Wynroetes en wynproe

The Breedekloof Wynstreek word gekenmerk deur asemrowende uitsigte en majestueuse bergreekse. Bekroonde wyne word deur die talentvolle en kreatiewe wynmakers verbou en geskep. ‘n Daguitstappie in die vallei sal ryklik beloon word. Om ‘n roete te beplan, besoek die webtuiste www.breedekloof.com.