BOSJES Spens, geleë in ‘n aangeplante woud en inheemse tuine, is ‘n informele restaurant wat ontbyt-, fyn gebak- en informele middagetes bied.

Met ‘n beplante dak en groot grasperk, smelt die Spens naatloos saam met die omringende natuur en beid ongelooflike speelareas vir kinders.

Lees Meer

Net soos in enige huishoudelike spens, is daar ‘n verskeidenheid gebottelde goedere op die rakke, van ingelegde knoffel tot vy- en amandelkonfyt, uiemarmelade en varsgebakte brode.  Patissier-sjef Rafieq Jacobs, is verantwoordelik vir die dekadente gebak.

Die SPENS is van vroegoggend tot laatmiddag oop en hoofsjef Kim Cox het ‘n seisoenale, informele spyskaart saamgestel, van klassieke Franse roosterbrood vir ontbyt tot slaaie en ligte geregte vir middagete.

** ‘n Spesiale wegneem ete spyskaart laat gaste toe om by Die Spens te bestel en hul dis in die tuin te geniet. Die Spens is oop Woensdag tot Sondag, vanaf 08:30 tot 16:00. Kontaknommer : 023 004 0496, geen besprekings word geneem nie.